| |
|
|
|
| |
|
|
| |
|
|
|
| |
|

Besoeker
no:
|
|
| |
|
Ignaz voltooi twee Drama Kursusse by
die bekende Brumilda van Rensburg van Egoli faam waar hy
onderskeidelik ‘n A en B simbool vir die Inleiding tot drama
saam met Brumilda verwerf het. Die res is geskiedenis. |
|
| |
|
|
Hy toer drie maande saam Harlekyn
Produksies en vertolk ‘n hoofrol as die hof nar in Die
Keiser wat by 145 skole opgevoer word. Hy beskryf
die geleentheid as ongelooflik en ‘n ervaring en leerskool.
Al was daar soms moeilike tye, noem Ignaz die ervaring as
WOW! Om mense te laat huil of bloos is maklik maar om hulle
te laat lag is heelwat moeiliker – veral as dit “groot” matrikulante is in vol skoolsale. |
|
| |
|
|
Ignaz groei nog elke dag en daarmee
saam leer hy homself beter ken. Hy leer om standpunt in te
neem en ook ongelooflik baie oor sy geloof. Vir Ignaz is die
lewe ‘n groot kans! ‘n Reis die onbekende in.... |
|
| |
|
Hy kuier op die stel van die
gewilde sepie Villa Rosa nadat hy ‘n
landswye kompetisie wen
(dankie Brumilda van Rensburg vir die
akteur wees droom wat
jy in Ignaz gekweek het). |
|
| |
Hannon
Bothma van Kyknet help Ignaz
met ‘n nuwe voorkoms en Hennie Smit dink hy sal ‘n goeie
omroeper maak in die groot stad!
Eintlik is Ignaz net ‘n
kind in die wêreld van ‘n grootmens.Saam met gewildheid
is daar baie verantwoordelikhede en ten alle tye ‘n voorbeeld wat hy vir ander moet stel. Ignaz sien dit as deel
van die reis en is baie dankbaar vir mense soos Melanie von
Steen en Jacques Smith van Overvaal Stereo vir die voorbeelde wat hulle stel. |
|
| |
Mense soos
Vinette Ebrahim, Wilna
Snyman en Kurt Darren dien as inspirasie vir Ignaz om nog ‘n
groter sukses van alles in sy lewe te maak. Natasha Joubert
is die lewende voorbeeld vir hom dat alles kan werk en
Pieter de Nekker in bewys dat Radio ook vir jou kan werk.
(Pieter is ‘n ongelooflike omroeper en ook aangewys as die
gewildste omroeper van Radio Rippel). Martin Lane is die
bewys van ‘n suksesvolle man en dien as voorbeeld van
nederigheid.
Vir Ignaz is daar nie ‘n enkele
hoogtepunt om uit te lig in die laaste 4 jaar van sy
loopbaan nie, hy som alles op as een groot hoogtepunt. ‘n
Baie bekende gesegde eie aan Ignaz is “hy wat nie foute maak
nie, sal nie weet hoe om vergifnis te vra nie!”.
Laasgenoemde meen Ignaz is die rede waarom hy uit sy foute
kan leer, ook foute wat hy meen hy as kind gemaak het. Ignaz
benadruk ook dat jy op jou kniee krag kan kry...
|
|
|
KOPIEREG
VOORBEHOU © 2009 IGNAZ | WEB ONTWERP DEUR
INFO DATA |